Join our Community
Interest:
Language:

Druktegnieke by dosyne

NEW Die kuns van handgemaakte drukwerk
Also available in: English

’n Groot verskeidenheid druktegnieke en pragtige projekte waarvoor jy nie ’n pers of spesiale vaardighede nodig het nie.

Die skrywer gee aanwysings vir alles van stempel- en stensilwerk tot verskeie reliëfdrukwerkmetodes, insluitend lino-, tekstuurplaat- en kallograafdrukwerk, asook vier soorte skermdrukwerk. Hierbenewens is daar projekte met son- en sianotipe drukwerk en kan jy leer hoe om roes en plantmateriaal vir “eko”-tipe afdrukke te gebruik . Daar is ’n unieke benadering tot oordragmetodes en gewysigde afdrukke wat hierdie druktegnieke baie toeganklik maak. Verreweg die grootste en opwindendste deel van die boek is dié oor mono-afdrukke en monotipe afdrukke, met die klem op gela-afdrukke.

Angie Franke gebruik haar gelatienbasis-drukkussings (die resep is ingesluit), asook Gelli Plate-drukkussings en klei-afdrukke om monodrukwerktegnieke op vele verskillende maniere aan te bied. Hiermee saam gebruik sy ander prosesse in die boek om ’n fassinerende eindproduk te skep: laag-op-laag ryklik gekombineerde kleurafdrukke wat met stempel-, stensil-, maskeer- en tekstuurplaat-toerusting geskep word. Die aanwysings is maklik om te volg en die manjifieke foto’s sal ’n ieder en ’n elk inspireer om afdrukmakery op die proef te stel.