Join our Community
Interest:
Language:
Also available in: English

Hierdie boek bevat oorspronklike projekte wat nuwe lewe in hierdie immer-gewilde handwerksoort sal blaas.

Die skrywer werk met sagte katoengares in moderne kleure en nooi beginners sowel as ervare hekelwerkers om haar patrone op die proef te stel – van haarbande en vingerlose handskoene, tot ’n nie-tradisionele blokkieskombers, van fyn oorbelle tot ’n growwe vloermat, van vrolike blommetjies tot ’n lekker gemaklike pouffe.

Die omvattende inleiding dek al die basiese steke, met duidelike, stap-vir-stap aanwysings en foto’s, terwyl nuwe steke en spesiale tegnieke stap vir stap verduidelik word waar hulle in die projekte voorkom. Hoewel die benodigdhede vir elke projek by die patroon gespesifiseer word, gee die inligting oor hekelnaalde, gare en ander benodigdhede jou die nodige kennis om alles aan te pas om by jou vereistes te pas.

Elke projek se moeilikheidsgraad word aangedui; dus kan jy hulle gebruik om jou hekelkennis geleidelik op te bou namate jy vaardiger raak met die hekelnaald. Nuttige wenke word deurgaans gegee om te verseker dat jou projekte professioneel en goed afgerond lyk.

Die projekte is vars en eietyds en die lieflike foto’s van elke voltooide item sal jou vingers laat jeuk om sommer dadelik te begin hekel. Dit is heerlik om te ontdek watter pragtige artikels jy stekie vir stekie kan maak!