Join our Community
Interest:
Language:
Page shadow top babagim

BabaGim

NEW
Also available in: English

Laat elke oomblik met baba werklik tel.

BabaGim is ’n prettige, praktiese gids vir ouers en versorgers om daardie kosbare vroeë leergeleenthede te ontgin deur brein- en liggaamsoefeninge. Die eerste twee lewensjare bied ruim geleentheid vir spel en beweging om die optimale ontwikkeling van baba se sintuie en spiere, gevoelens en denke, en taal- en sosiale vermoëns te verseker.

Die Suid-Afrikaanse ontwikkelingskenner Melodie de Jager volg dieselfde eenvoudige dog effektiewe beginsels onderliggend aan haar suksesvolle boeke vir volwassenes, Kopskuiwe en Dink Dinamies, vir die stimulering van babas se brein en liggaam.

BabaGim is ’n belegging in jou kind se toekoms.

Page shadow bottom babagim