Join our Community
Interest:
Language:
Page shadow top boksies-by-dosyne
Also available in: English

Leer om langwerpige, vierkantige, seskantige, piramied-, ster-, hartvormige en vensterboksies te maak.

Hierdie boek wys jou hoe om ’n groot verskeidenheid dekoratiewe en funksionele boksies en sakkies te maak, ideaal om vir geskenke te gebruik, maar ook nuttig in die huis. Deur die gedetailleerde aanwysings en stap-vir-stap foto’s te volg, kan jy met gom, fotoplakboekpapier, kartonvelle, lap, lint, kant, washi-lint, tooisels of wat jy ook al beskikbaar het, self pragtige boksies en houers maak.

Leer om langwerpige, vierkantige, seskantige, piramied-, ster-, hartvormige en vensterboksies te maak, of probeer eenvoudige origami-boksies, koevertboksies en geskenksakkies maak. Daar is boksies van verskeie groottes en vorms, en hulle kan vir verskillende doeleindes benut word. Treffende volbladfoto’s van die voltooide projekte is nie net ’n lus vir die oog nie, maar gee ook gebruiksvoorstelle. Die ingeslote patrone met vergrotingsmates maak dit maklik om die boksies te skep.

Page shadow bottom boksies-by-dosyne