Join our Community
Interest:
Language:
Page shadow top dol-oor-boeke
Also available in: English

Skrywer Jay Heale sê, “Elke kind kan ’n liefde vir boeke ontwikkel, mits die regte boek op die regte oomblik verskyn.”

Hierdie ideesboek bevat waardevolle raad en voorstelle vir ouers en versorgers wat wil seker maak dat hul kinders van kleins af lief is vir boeke – eers as babas, dan eerste lesers, laerskoollesers, die tusseninners en tieners. Bekende boekresensent Jay Heale verslind boeke en deel die kennis wat hy in ‘n leeftyd van noue betrokkenheid by boeke opgedoen het met aansteeklike entoesiasme. Die boek sluit ‘n skatkis van aanbevole boeke vir die boekrak in, met spesifieke verwysings na oorspronklike Afrikaanse boeke en stories deur Lona Gericke (afgetrede hoof van Bellville Openbare Biblioteek se kinderafdeling). Daar word ook deurgaans in die hoofteks voorbeelde gegee van spesifieke leesstof en klassieke keuses. Verder word boeke oor boeke en inligting oor biblioteke bespreek, asook elektroniese leesstof en die manier waarop tegnologie die manier waarop ons lees, beïnvloed het.

Page shadow bottom dol-oor-boeke