Join our Community
Interest:
Language:
Page shadow top fotokuns
Also available in: English

Hierdie boek bevat meer as 75 idees om jou foto’s op aantreklike en interessante maniere te vertoon.

Foto’s het nog altyd sterk emosies ontlok – spesiale herinnerings wat op kamera vasgelê word, het hul eie besondere bekoring. Daardie bekoring kan egter slegs met ander gedeel word as die foto’s uitgestal word. En daarvoor bestaan daar veel meer moontlikhede as om hulle bloot in ’n album te sit of in ’n raam op te hang.

Hierdie boek bevat meer as 75 idees om jou foto’s op aantreklike en interessante maniere te vertoon. Dit is die resultaat van baie proefskote en eksperimentering. Sommige van die projekte is funksioneel en dekoratief, en ander weer heerlik prettig. Almal het egter een ding in gemeen: die kreatiewe gebruik van foto’s, en wat jy ook al byderhand het om dit mee te versier.

Basisse sluit in skilderdoek, glas, porselein en keramiek, hout en harde­bord, lap, kerse en vloerlyste. Daar is trouens bitter min oppervlakke wat nié op een of ander manier met foto’s bedek kan word nie. Verskeie tegnieke word gebruik, waaronder verskillende oordragmetodes, découpage, fotomontage en hars-deklae.

Gebruik die idees om jou foto’s in persoonlike geskenke te omskep deur alledaagse artikels daarmee te versier, of om treffende dekoritems vir jou huis te maak. Wanneer jy eers begin, sal jy dalk nie weer wil ophou nie! Die stap-vir-stap-illustrasies en aantreklike foto’s van die voltooide projekte sal jou leer en inspireer. Gee dus jou skeppendheid vrye teuels en vul jou lewe met jou spesiale oomblikke.

Page shadow bottom fotokuns