Join our Community
Interest:
Language:
Page shadow top fotoplakwerk-begin-by-die-begin

Fotoplakwerk: begin by die begin

NEW
Also available in: English

Die boek is anders as die meeste ander deurdat dit die klem op die foto’s plaas eerder as die tooisels.

Hierdie boek is geskryf deur twee van Suid-Afrika se bekendste handwerkskrywers met tegnieke as die vertrekpunt – alles duidelik met stap-vir-stap foto’s geïllustreer. Elke tegniek, oorspronklikes sowel as tradisioneles, word verder toegelig met pragfoto’s van fotoplakbladsye waar die tegniek gebruik is.
Die boek wemel van deeglik beproefde wenke, en besparingsvoorstelle word deurgaans gemaak. Met basiese sowel as gevorderde tegnieke bied dit al die inligting wat jy nodig het om te begin, maar ook genoeg om gevorderde fotoplakkers nader te lok. Meer as 150 voorbeeldblaaie sal jou inspireer en leer, en die uitgebreide byskrufte gee nog bykomende inligting eerder as om die ooglopende te herhaal.

“Ek het lank weggebly van fotoplakwerk omdat ek gevoel het dat baie van die tegnieke wat aangebied en gedemonstreer word, die aandag van die foto’s wegneem en dit verskuif na die (dikwels baie) duur tooisels. En toe kom ek op hierdie boek af … Tracey en Deborah slaag daarin om fotoplakwerk toeganklik, eenvoudig en onweerstaanbaar te maak.“
Red Balloon Craft Directory

Page shadow bottom fotoplakwerk-begin-by-die-begin