Join our Community
Interest:
Language:
Page shadow top katrien-se-koeke
Katrien se koeke

Katrien is dol oor sjokolade en gebruik dit as versiering vir koeke omdat dit so ’n veelsydige medium is.

In hierdie boek wys sy jou hoe om pragtig versierde koeke te skep: vars, eietyds, prettig en onweerstaanbaar. Daar is tegnieke en idees vir almal, of jy nou sommer ’n klaargemaakte koek koop en versier of met sorg jou eie heerlike koek bak volgens die resepte in die boek, of jy net vir spesiale geleenthede iets bak, of daagliks oonde vol koeke vir ’n tuisbedryf kafdraf.
Met meer as 20 oorspronklike koekontwerpe, asook klein sjokoladeversierings, minikoeke en kolwyntjies, alles stap vir stap gedemonstreer, kan jy maklike leer hoe om jou eie meesterstukke te skep. Katrien deel wenke en kortpaaie wat sy met jare se eksperimente ontdek het.
Die koekresepte is deeglik getoets, en saam met die smullekker vulselresepte met riglyne vir die vermeerdering van bestanddele na gelang van jou behoefte, asook patrone vir die versierings, maak dit van hierdie boek ’n onmisbare gids vir almal wat graag bak. Die inhoud dek die volgende:

Basiese tegnieke
Gereedskap
Soorte sjokolade
Hoe om met sjokolade te werk
Die vul en bedek van koeke
Hoe om koeke te stapel
Koekbordversiering
Ontwerpe
Basiese resepte
Porsiegids
Vervoer en bêre
Uitmekaarhaal en sny
Patrone

Die pragfoto’s laat reg geskied aan die pragkoeke wat elkeen daarvan getuig dat koekbak ’n kunsvorm geword het. Die projekte is gegradeer van maklik tot gevorderd, dus is daar iets vir almal.

TANS UITVERKOOP!

Page shadow bottom katrien-se-koeke