Join our Community
Interest:
Language:
Page shadow top katrien-se-mini-koeke

Katrien se mini-koeke

NEW Kolwyntjies, koeklollies en meer
Also available in: English

Hierdie boek spog met meer as 20 koekversierprojekte wat alles van begin tot einde uiteengesit word.

Jy maak gebruik van klein sjokoladeversierings, mini-koeke, kolwyntjies, koeklollies en bruintjies, met effens groter minikoeke wat as fokuspunte kan dien. Elke projek het drie tot vier koekitems met dieselfde tema, met duidelike aanwysings en stap-vir-stap foto’s wat dit sommer verspot maklik maak.

Deeglik getoetste koek- en vulselresepte gee riglyne om die hoeveelhede te vermeerder om aan jou vereistes te voldoen, en daar is patroonplate wat vir die versierings gebruik kan word. Die skrywer deel hope wenke en kortpaaie wat oor jare van eksprimentering opgebou is om die beste bestanddele en tegnieke vir die beste resultaat te verseker. Die pragfoto’s van elke projek toon dat koekversiering inderdaad ‘n kunsvorm geword het, maar die maklike aanwysings plaas die projekte binne die vermoë van elkeen wat dit kan volg.

Die projekte is van maklik tot gevorderd gegradeer, dus is daar regtig iets vir almal.

Page shadow bottom katrien-se-mini-koeke