Join our Community
Interest:
Language:
Page shadow top katrien-se-nageregkoeke
Also available in: English

25 nageregkoekprojekte wat van begin tot einde stap vir stap verduidelik word sodat jy jou eie watertand koeke kan bak.

Met hierdie boek verlei die skrywer jou om smullekker koeke met fynproewergeure as nagereg te bak. Die meeste koeke is op die geure van tradisionele nageregte geskoei en is ideaal as nagereg na ete, of sommer vir middagtee. Die koekvulsels en -versierings kan na hartelus gemeng en aangepas word om van elke koek wat jy bak ’n unieke smaakbelewenis te maak.
Die boek bevat 25 nageregkoekprojekte wat van begin tot einde stap vir stap verduidelik word sodat jy jou eie watertand koeke kan bak. Daar is by elke projek ook ’n kolwyntjieresep sou jy verkies om individuele porsies in plaas van snye koek voor te sit. Alles kan dae of weke vooruit gemaak en in die yskas of vrieskas gehou word, sodat jy genoeg tyd het om die koek self saam te stel.
Daar is ook riglyne om die resepte te vermeerder om aan spesifieke behoeftes te voldoen, asook tonne wenke om jou te help om jou eie kunswerke te skep.

Page shadow bottom katrien-se-nageregkoeke