Join our Community
Interest:
Language:
Page shadow top kom-ons-leer-brei

Kom ons leer brei

NEW
Also available in: English

Met hierdie boek en sy vriendelike dierefigure – Ben die wolf en Tes en Tys, twee muise – kan jy gou-gou leer brei.

Gemik op kinders tussen die ouderdomme van 6 en 9 jaar
Maklike aanwysings om te volg
Prettige illustrasies
Fantastiese items, almal met kaarte en ontwerpe
Alles wat jy nodig het om in ’n japtrap te begin brei!

Neem ’n paar breipenne en ’n bietjie wol en maak Vrolike Fred, Oupa Uil en hulle maats, Fien die Vlinder en haar maats of jou eie Geheime Strepiesboek. Met hierdie boekie en sy vriendelike dierefigure – Ben die wolf en Tes en Tys, twee vrolike muise – kan jy gou-gou leer brei. Jy het net ’n bol wol en ’n paar breipenne nodig (en miskien ’n grootmens om jou te help as jy
sukkel). En een twee drie het jy iets vir jouself gemaak.

Leer stap vir stap hoe om jou eerste steke te brei. Probeer daarna die kleurryke, vinnige en maklike items, van sagte speelgoed soos Vrolike Fred en Oupa Uil tot ’n boek met helder strepe. Jy kan die items ekstra spesiaal maak deur maklike ontwerpe uit vilt te knip en by te voeg. Maak gerus ’n paar meer om vir jou maats te gee.

Beste van alles is dat jy sal sien hoe lekker dit is om te brei. Komaan, probeer dit gerus!

Page shadow bottom kom-ons-leer-brei