Join our Community
Interest:
Language:
Page shadow top kunsprojekte-met-gemengde-media

Kunsprojekte met gemengde media

NEW
Also available in: English

Die boek kombineer tekstuur, lyn en kleur op ’n unieke manier deur middel van collage, gewysigde kuns en montage.

Kunsprojekte met gemengde media kombineer tekstuur, lyn en kleur op ’n unieke manier deur middel van collage, gewysigde kuns en montage, en maak hierdie gewilde kunsvorm vir almal toeganklik. Die treffende laag-op-laagprojekte waarvoor tallose tegnieke gebruik word, sal jou inspireer om te eksperimenteer, en jou eie skeppingsdrang laat ontwaak. Die pragfoto’s van die oorspronklike kunswerke is daar vir plesier en om van te leer. Die boek dien ook as ’n heerlike bron van ontwerp­idees om jou skeppende selfvertroue ’n stewige hupstoot te gee al dink jy dat jy nie kan teken nie.

Boodskap van die skrywers:
Ofskoon ons ander boeke reeds op verskeie maniere van gemengde media gebruik gemaak het, is dit vir ons loutere plesier om in hierdie boek ons eiesoortige benadering tot projekte soos veranderde afbeeldings, persoonlike joernale, kaartjies en talle ander spesiale kombinasies met ons lesers te deel. Vir ons draai alles om die gebruik van papier – van koerante en foto-afdrukke tot afbeeldings van advertensies uit stokou tydskrifte en muur­papier. Die magdom tegnieke wat ons gebruik sluit onder meer oordragwerk, découpage, enkoustiek en collage in. Ons teken en verf oor elke moontlike prent, laat dit saamsmelt met stikwerk, stempelwerk en stenselwerk en vorm so ryk, getekstureerde oppervlakke. Ongeag wat jou gunsteling handwerkvorm is, laat ons jou wys hoe om gemengde media tot ’n nuwe kunsvorm te vermeng.

Page shadow bottom kunsprojekte-met-gemengde-media