Join our Community
Interest:
Language:
Page shadow top laat-los-jou-las

Laat los jou las

NEW
Also available in: English

’n Doelgerigte reis om ontslae te raak van gedrag en gewoontes wat jou pooitjie.

Laat los jou las weerspieël Kate se geliefde styl van eerlik, outentiek, inspirerend en gevoelvol wees. Haar unieke proses van intree, vorentoe tree en na buite tree sal jou help om eksponensieel van ratte te verwissel om ’n nuwe pad vorentoe te vind. Dit is propvol brokkies uit haar eie fassinerende lewensverhaal, verweef met suksesstories van dapper kliënte wat hulle laste laat los het. Hierdie boek neem jou op ’n kragtige praktiese reis na selfverwesenliking deur diep selfondersoek en transformasie sodat jy gehoor kan gee aan haar oproep tot ’n manjifieke lewe.

• Identifiseer vyf laste wat jou gereeld pootjie
• Volg 21 maklike stappe om jou doelwitte te bereik
• Bevry jouself met die aartappeloefening
• Aanvaar verantwoordelikheid en hou op skuld soek
• Raak ontslae van selfbeperkende oortuigings wat jou saboteer
• Moenie dat jou vrese jou oorwin nie
• Laat gaan jou emosionele bagasie
• Maak jou lewe vol voor dit verby is

Laat los jou las … is jy gereed?

“Hierdie boek is ’n rewolusionêre openbaring wat my wys waar ek my op hierdie oomblik bevind, wat ek
moet aanspreek, hoe ek verandering kan bewerkstellig en, selfs belangriker, hoe ek kan aanhou groei.”
Janine Starkey, House of Janine

Page shadow bottom laat-los-jou-las