Join our Community
Interest:
Language:
Page shadow top maak-gelukkige-kinders-groot

Maak gelukkige kinders groot

NEW Die sleutel tot 'n kalm, beheerste kind
Also available in: English

Ons weet nou meer as ooit tevore oor hoe kinders se brein ontwikkel en dit het ’n uitwerking op hoe ons hulle grootmaak.

Ouerskap in die 21ste eeu is opwindend, uitdagend en veeleisend. Ons weet nou meer as ooit tevore oor hoe kinders se brein ontwikkel en dit het ’n ingrypende uitwerking op hoe ons hulle grootmaak. Kinders ontwikkel sterk breinverbindings en voel gelukkig wanneer hulle leer om hul liggaam te beheer,  oorweldigende gevoelens in toom te hou en hul denkvaardighede te ontwikkel. Sommige doen dit makliker as ander. Daarom is daar nie één benadering tot ouerskap wat vir almal geld nie.

Maak gelukkige kinders groot is vol voorbeelde en vergelykings wat jou sal help om die volgende te verstaan:
• Wat in jou kind se ontwikkelende liggaam en brein gebeur;
• Jou kind se ware temperament en hoe dit die manier waarop hy dink, voel en beweeg, beïnvloed.

Daar is talle voorbeelde van speletjies wat jy met jou kind kan speel tydens julle daaglike interaksie. Lizanne gee ook stap-vir-stap voorstelle om algemene ouerskapuitdagings te hanteer, byvoorbeeld:
• Ineenstortings
• Woede-uibarstings
• Vrees, angstigheid en stres.

Wanneer jy jou unieke kind verstaan, kan jy gepaste perke stel en roetines en rituele instel wat ’n kalm, gelukkige en diep verbonde gesin sal verseker.

Page shadow bottom maak-gelukkige-kinders-groot