Join our Community
Interest:
Language:
Page shadow top maak-jou-eie-harsjuwele
Also available in: English

Die boek wys jou hoe om pragtige harsjuwele met eenvoudige tegnieke en goedkoop materiaal vir mans en vroue te maak.

Harsjuwele is baie maklik om te maak en die tegniek is ongelooflik veelsydig. Sara Naumann, ’n gewilde handwerkskrywer, wys jou hoe om pragtige harsjuwele met eenvoudige tegnieke en goedkoop materiaal vir mans en vroue te maak.

Die juwele kan in ’n japtrap gemaak word en jy kan papier, lap, foto’s, skulpe, droë blomme, naelpolitoer en ander materiaal by die hars voeg om unieke harsjuwele met ’n professionele, stylvolle voorkoms te skep. Meer as 50 projekte sal jou inspireer om jou eie harsjuwele vir jouself of as geskenke vir familie en vriende te maak. Dit is ideaal vir beginners en meer bedrewe handwerkers, maar wees gewaarsku – dit is verslawend!

Wat hierdie boek uniek maak, is dat papier ingesluit word – die skeppings is dus eintlik papierjuwele. Ou papier soos kaarte en bladmusiek skep ’n vintage voorkoms terwyl fotoplakwerk- of origami-papier vars en kontemporêr lyk. Die boek sal dus byval vind by papier- sowel as juweelhandwerkers.

Page shadow bottom maak-jou-eie-harsjuwele