Join our Community
Interest:
Language:
Page shadow top maak-kinderklere

Maak kinderklere

NEW Vinnig en maklik
Maak kinderklere

Hierdie boek se maklike patrone sal selfs die traagste naaldwerker inspireer om die naaimasjien nader te trek

Dis nie altyd maklik om kinderklere te kry wat prakties sowel as stylvol is nie, en wanneer jy wel daarin slaag, is die klere gewoonlik baie duur. Maar danksy die wonderlike verskeidenheid sterk, kleurryke natuurlike stowwe wat vandag beskikbaar is, is dit ’n plesier om kinderklere te maak. Hierdie boek se maklike patrone en aantreklike lapkombinasies en uitrustings sal selfs die traagste naaldwerker inspireer om die naaimasjien nader te trek en te begin stik. Daar is iets vir almal van twee tot tien en deur die kledingstukke van die verskillende uitrustings vindingryk te meng en te pas, kan jy jou kind elke dag van die week in ’n ander stel klere uitdos.
Die boek het patrone vir elke moontlike kledingstuk van sonrokkies tot sweetpakke, van slaapklere to windjekkers – almal getoets aan die vereiste dat dit maklik en vinnig moet wees om te maak. Die klere word lekker ruim gesny en jou kind sal heerlik gemaklik daarin kan speel en baljaar.
Maak kinderklere vinnig en maklik bied die volgende:
• Meer as 50 uitrustings
• Meer as 100 kledingstukke
• Skaalpatrone vir elke kledingstuk
• Stap-vir-stap-aanwysings vir elke kledingstuk
• Voorstelle vir variasies
• Volkleurfoto’s van elke uitrusting
• Nabyfoto’s van spesifieke afwerkings
• Lyntekeninge om spesifieke stappe duidelik te maak

Page shadow bottom maak-kinderklere