Join our Community
Interest:
Language:
Page shadow top mal-oor-metaal
Also available in: English

Handwerkmetaal het eindelose potensiaal. Dit is buigsaam en kan om bykans enige oppervlak gevou of daarop geplak word.

Hierdie boek fokus op gekleurde handwerkmetaal – hoe dit versier kan word met bosseleerwerk, uitsnywerk, die byvoeg of wegneem van kleur, 3D-ontwerpe wat ingevul word en vele meer – en hoe jy daarmee unieke items vir jou tuiste kan skep. Leer meer oor metaal en items waarop dit aangebring kan word, hoe om die nodige gereedskap te gebruik, en hoe om verskeie tegnieke toe te pas wat almal gebruik kan word om die meer as 50 dekoratiewe of funksionele items te skep. Die oorspronklike projekte is spesifiek ontwerp en geskep om die groot verskeidenheid tegnieke en toepassings te demonstreer, soos:
• Die oordra en natrek van ontwerpe
• Hoe om met eenvoudige handgereedskap tekstuur te skep
• Die gebruik van bosseleerapparaat soos die cuttlebug™ om tekstuur, patrone en uitsnywerk te skep
• Afrondingstegnieke soos skuurwerk, veroudering en verf
• Herwinning en hergebruik
• Wenke en raad om prosesse te vereenvoudig

Daar is projekte vir alle vaardigheidsvlakke, van beginners tot gesoute handwerkers, en maklike items wat blitsvinnig gemaak kan word tot meesterstukke wat langer sal neem om te voltooi. Manjifieke foto’s van die voltooide items sal jou inspireer en jy kan danksy die stap-vir-stap foto’s en aanwysings sommer dadelik aan die werk spring.

Page shadow bottom mal-oor-metaal