Join our Community
Interest:
Language:
Page shadow top mosaiek
Also available in: English

Hierdie versameling van pragtige handgemaakte dekoratiewe en funksionele items is met styl en panache afgerond.

Hierdie versameling van pragtige handgemaakte dekoratiewe en funksionele items, van kershouers en muurhorlosies tot vrugtebakke en vase, is met styl en panache afgerond om alle ander mosaïekboeke te oortref. Met ses vorige topverkoper-handwerkboeke wat steeds in druk is, het Deborah Morbin en Tracy Boomer hul wonderlike talente op die herlewing van die antieke handwerkvorm van mosaïek toegespits om vars, kreatiewe idees te skep wat by alle handwerkers sal aanklank vind. Hulle weet wat werk en nie werk nie en deel hierdie navorsing en kennis vryelik met jou.

Met hul kenmerkende humor en benadering van minder is meer, neem hulle jou op ’n reis deur ’n reeks projekte waarvan jy dadelik sal hou. Hul gedetailleerde instruksies en nuttige wenke waarborg sukses met die maak van projekte in hierdie boek of as ’n basis vir jou eie idees, maak nie saak of jy ’n ervare kunstenaar of groentjie is nie.

Page shadow bottom mosaiek