Join our Community
Interest:
Language:
Page shadow top n-gelukkige-brein

’n Gelukkige brein

NEW Ons pad na ware sukses
Also available in: English

Die boek bied omvattende, praktiese riglyne oor wat gelukkige mense elke dag doen om hulle menslike brein te versterk.

Ons ken almal mense wat gelukkig bly, ongeag of hulle reusesukses smaak, of pynlike rampe in die gesig staar. Die rede? Hulle brein het ’n kern van stabiliteit en optimisme. ’n Gelukkige brein bied omvattende, praktiese riglyne oor wat hierdie mense elke dag doen om hulle menslike brein te versterk. Dis die eerste boek vir die leek wat verreikende navorsing op vier gebiede – Kliniese Psigiatrie, Positiewe Sielkunde, Kinder­ontwikkelingstudies en Breinwetenskap – kombineer in ’n poging om die menslike staat te verstaan. Dit trek baie van die vooropgestelde idees oor wat ons menslik, gelukkig en waarlik suksesvol maak uitmekaar. Die boek beantwoord veral drie belangrike vrae:
Watter stappe kan ons vandag doen om ons brein en daarom onsself gelukkiger te maak?
Hoekom beroof ’n obsessie met materiële sukses ons van geluk en ons menslikheid?
Hoe beïnvloed ons kultuur en ouerskap in die eerste lewensjare ons geluk en mens­likheid?

“Pierre van der Spuy raak ’n lewensbelangrike onderwerp aan vir almal van ons wat in ’n suksesgedrewe wêreld lewe. Deur die moed waarmee hy sy eie lewensvrae aanspreek, raak Van der Spuy ’n eksistensiële konsep aan wat ons almal dwing om te kyk na ons eie gedrag, menslikheid en begrip van wat geluk in die lewe bring. Die boek is uitstekend geskryf, met duidelike argumente en skerpsinnigheid. Iets wat almal moet lees.” 
Frank M. Dattilio, PhD, ABPP, Departement van Psigiatrie, Harvard Mediese Skool

Page shadow bottom n-gelukkige-brein