Join our Community
Interest:
Language:
Page shadow top n-rede-vir-rose

’n Rede vir rose

NEW

Hierdie boek is ‘n visuele fees uit roos tuine en vier die prag van die roos.

Rose is reeds eeue lank die wêreld se gunstelingblom en word in tuine oraloor aangetref, van die mistige middellande tot die droë woestyn, van die berge tot aan die see. Gedurende haar loopbaan as tuinskrywer en fotograaf het Nancy Gardiner al die pragtigste roostuine in die land opgespoor, daaroor geskryf en dit gefotografeer. Hierdie boek is ‘n visuele fees uit hierdie tuine en vier die prag van die roos. Met die drie oorspronklike roostuinontwerpe en die aanbieding van rose in hulle onderskeie vorms, van bekoorlike miniature tot slanke teeroos-hibriede en uitbundige rankrose, waarvan sommige beskeie grondbedekkers is en ander mure oorneem of in houers gedy, is hierdie boek ‘n vreugde en inspirasie vir elke roosliefhebber.

Page shadow bottom n-rede-vir-rose