Join our Community
Interest:
Language:
Page shadow top piouter-indrukke
Also available in: English

Bevat meer as 30 oorspronklike projekte met maklik verstaanbare aanwysings en duidelike stap-vir-stap foto’s.

Elke handwerker wat ervaar hoe maklik dit is om ingewikkelde ontwerpe met piouter te skep, raak versot op piouterwerk. Sandy Griffiths se boeke Maklike piouter-projekte en Piouter dit is albei so gewild dat sy nou geswig het onder die druk van haar aanhangers om nog ’n boek te skryf.

Piouter-indrukke bevat meer as 30 oorspronklike projekte met maklik verstaanbare aanwysings en duidelike stap-vir-stap foto’s. Dit begin by die begin sodat groentjies nie ander boeke nodig het om dadelik hierdie gewilde handwerk op die proef te stel nie. Beginnersoefeninge verduidelik al die basiese tegnieke, leer jou hoe om die bosseleerwerk te doen en dan glans en dimensie aan jou ontwerpe te verleen. Hierna volg ’n reeks wonderlike projekte wat die verbeelding van enige handwerker sal aangryp. Piouter word saam met mosaïek, skilderdoek, hout, glasverf, kristalle en veel meer gebruik, wat ’n verskeidenheid voorkomste en afwerkings bied.

Die projekte sluit besondere rame, kunstige kissies, pragtige geskenke en lieflike dekoritems in. Daar is duidelike aanwysings vir beginners, terwyl meer gesoute handwerkers tonne inspirasie sal vind om hul eie stempel op hul projekte af te druk. Benewens die projekte, dek Piouter-indrukke:
•  Noodsaaklike toerusting en hoe om dit te gebruik
•  Natrek en oordra van patrone
•  Laereliëf- en hoëreliëf-bosseleerwerk
•  Vormwerk
•  Teksturering
•  Kleur en patina
•  Uitsny en vasplak van ontwerpe op verskeie oppervlakke

Pragfoto’s van alle voltooide projekte asook patrone vir al die ontwerpe maak hierdie boek ’n uitstekende toevoeging tot elke handwerker se biblioteek.

Page shadow bottom piouter-indrukke