Join our Community
Interest:
Language:
Page shadow top plak-dit-ook
Also available in: English

Slim en kreatiewe maniere om items te bewaar deur skeppings te maak wat op jou mure en rakke ten toon gestel kan word.

Hierdie nuttige boek is propvol idees vir die gebruik van tradisionele fotoplaktegnieke om jou huis te verfraai, gewone alledaagse artikels in lieflike geskenke te omskep of weggooigoed en optelgoed vir verdere gebruik te herwin en op te dollie. Dit wys jou hoe om bykans enigiets om te tower en persoon-spesifiek te maak deur foto’s en onthougoed slim met fotoplakpapier, karton en tooisels te kombineer.

• Lieflike foto’s van elke projek in ’n huisomgewing sal jou inspireer terwyl die geïllustreerde stap-vir-stap aanwysings jou wys hoe
• Prettige, ongewone en vindingryke projekte
• Fantastiese geskenke en bêregoed
• Afwerkings wissel van stylvol en eenvoudig tot uitbundig en oordadig
• Herwinning van blikke, flesse, bottels, hout-pallette, rame en selfs inkoopsakke

Die fokus van die boek is om herinneringe op slim en kreatiewe maniere te bewaar deur items te skep wat op jou mure en rakke ten toon gestel kan word. Met hierdie boek sal jy kort voor lank na net mooi enigiets as ’n moontlike skilderdoek kyk. Die meer as 55 projekte in die boek wissel van ’n klein koevert met ’n fotobinneblad, tot ’n groot vertoondeur van pallethout en sal byval vind by handwerkers met uiteenlopende agtergronde en vaardigheidsvlakke.

Page shadow bottom plak-dit-ook