Join our Community
Interest:
Language:
Page shadow top polimeer-klei-projekte
Also available in: English

'n Praktiese gids met kleurryke ontwerpe vir juwele, geskenke, versierde houers, knope, afwerkings en veel meer!

Polimeerklei is ’n gewilde medium, geskik vir en gewild onder handwerkers van alle ouderdomme en vaardigheidsvlakke. Dit is in elke moontlike kleur te kry, en omdat dit maklik in ‘n kombuisoond gebak word, is dit toeganklik vir alle handwerkers. Klei-oppervlakke kan op soveel verskillende maniere versier word dat tegnieke van ander handwerksoorte soos stempelwerk, ponswerk, bosselering en mosaïekwerk mildelik gebruik word. Dit maak kleiwerk soveel veelsydiger en dra by tot die toenemende gewildheid daarvan.

Hierdie boek wys jou hoe om manjifieke juwele, styfvolle geskenke, versierde houers, knope, nagemaakte afwerkings, aantreklike huistoebehore en veel meer te skep – prettig en lonend. Hope stap-vir-stap foto’s en duidelike aanwysings verseker dat selfs die groenste groentjie sukses sal behaal, en die volbladfoto’s sal handwerkers inspireer om die voortreflike projekte aan te pak. Verskeie tegnieke, van basiese kondisionering tot kreatiewe staafwerk en millefiori-afwerkings, word verstaanbaar verduidelik en dan in die onderskeie projekte gekontekstualiseer. Gebruik hierdie tegnieke om oorspronklike items te skep en projekte volgens jou eie smaak aan te pas. Weens die aard van die medium is dit bykans onmoontlik om ontwerpe en afwerkings presies te herhaal – elke item bly uniek.

Waarvoor wag jy dan? Gryp jou klei en begin speel!

Page shadow bottom polimeer-klei-projekte