Join our Community
Interest:
Language:
Page shadow top rose-in-sy-en-organzalint

Rose in sy- en organzalint

NEW Meer as 60 nuwe tegnieke
Also available in: English

Hierdie boek leer jou meer as 60 splinternuwe tegnieke op ’n roosborduurlap wat spesiaal daarvoor ontwerp is.

Die pragtige syrose en organzablare sal byval vind by almal van sylintborduurders en kwilters tot tekstielkunstenaars en klereontwerpers, en is geskik vir enige denkbare gebruik: versier ’n hoed, gebreide sak, gehekelde serp, kralehanger, die deksel van ’n juwelierskissie of die spesiale rok wat jy op jou troudag dra.

Daar is tegnieke vir 16 verskillende rose wat tussen ’n latwerk van roosknoppies, blare en stingels blom. Leer hoe om ver­skeie rooskroonblare te maak, asook roosbottels, kelkblare, stammetjies en blare, uitgeblomde rose en meeldrade, voëltjies en ’n nessie, skoenlappers, strikke en blou reën. Daar is iets vir elke handwerker wat graag wil leer hoe om kreatief met sy- en organzalint te werk.

Page shadow bottom rose-in-sy-en-organzalint