Join our Community
Interest:
Language:
Page shadow top taal-en-skoolgereedheid

Taal en skoolgereedheid

NEW
Also available in: English

Hierdie boek lei jou om deur spel jou kind se taalvermoë en leervaardighede te ontwikkel.

Jou kind se taalontwikkeling hang amper volkome van jou af. Al wat jy moet doen om dit te bevorder, is om van geboorte af by elke moontlike geleentheid met hom te praat. Kinders leer deur speel, en skoolgereedheid kan tuis bevorder word deur te sorg dat jou kleingoed genoeg speel, en reg speel.

Hierdie boek lei jou om deur spel jou kind se taalvermoë en leervaardighede te ontwikkel, sy natuurlike nuuskierigheid, energie en entoesiasme te kanaliseer en vir hom geleenthede te skep vir die bevordering van selfvertroue, sosiale en emosionele groei, koördinasie en probleemoplossingsvaardighede.

Page shadow bottom taal-en-skoolgereedheid