Join our Community
Interest:
Language:
Page shadow top tuinmaak-maklik-gemaak
Also available in: English

Wat jy ook al oor tuinmaak wil weet, is hier.

Tuinmaak moet ’n plesier wees, nie ’n las nie. Hierdie pragtige boek handhaaf die volmaakte balans tussen inspirasie, met lieflike volkleurfoto’s van regte huistuine, en praktiese, deeglik getoetste raad vir tuiniers, heerlik toeganklik aangebied. Alles is bymekaar gesit in ‘n lekker hanteerbare boek, saamgestel om jou die maklikste leiding te gee oor die beste tuinontwerp, gesonde plante en die mees ekonomiese gebruik van jou tyd, water en geld.

Die benadering is allesomvattend sonder om oorweldigend te wees. Wat jy ook al oor tuinmaak wil weet, is hier: van basiese tuinuitleg, klimaat en grond tot die hantering van tuinstrukture, die beste plante vir jou tuin, hoe om watertuine, houerplante, en dies meer in die tuin aan te wend; spesiale raad vir mense met kustuine of ander spesifieke omgewingstoestande; en hoe om alles in stand te hou met die minimum inspanning en die meeste respek vir die ekologie.

Elke hoofstuk is ‘n fees van kleur met foto’s van plante in hul tuinkonteks in al die verskillende klimaatstreke. Dit werk uitstekend saam met die gemaklike teksuitleg, kassies met plantlyste en wenke, volledige kruisverwysings en nuttige diagramme en illustrasies. Die inligting is deurgaans verstaanbaar en toeganklik aangebied.

Page shadow bottom tuinmaak-maklik-gemaak