Page 1 of 6 pages 1 2 3 > Last ›
Die digitale kamera het ’n omwenteling meegebring en die neem van goeie foto’s makliker en meer toeganklik gemaak.
Benewens die standaard dagbeplanner-inhoud, bied hierdie boek ’n magdom inligting van besondere nut vir handwerkers.
Die ontwerp van die boek met sy groot verskeidenheid style en lekkerlees-inhoud sal enige plakwerkentoesias inspireer.
50 vinnige kunsprojekte met stap-vir-stap-foto’s en -aanwysings om jou te wys hoe.
Hierdie lieflike boek met sy pragfoto’s en innoverende idees wys jou hoe om blomme op hul beste te vertoon.
Cicely Mary Barker se verruklike blommefeetjies is vir die eerste keer omskep in lintborduur en stumpwerkontwerpe.
Ontdek ’n towerwêreld waar die speelgoed wat jy brei, stories vertel, speletjies speel en selfs kattekwaad aanvang!
Ons handwerk-word-kuns-span moedig jou aan om die idees en tegnieke in op jou eie materiaal en omgewing toe te pas.
