Blog logo nuwe-wendings-in-spel
Join our Community
Interest:
Language:
Shadow top Nuwe wendings in spel

Nuwe wendings in spel

Ek het verlede jaar Playgroup Autralia se konferensie in Melbourne bygewoon en selfs ‘n aanbieding gedoen oor Sensible Play.

Dit was ‘n riem onder die hart om toonaangewende skrywers, sielkundiges en ander professionele mense te hoor praat oor die belangrikheid van onbevange spel. Almal was dit eens dat die pragtige, gereguleerde, veilige speelgronde wat ons orals in eerste wereldse lande sien, nie noodwendig die ideale speelplek is om ”spel” in die ware sin van die woord, aan te moedig nie. 

Speelgronde word nou weer ontwerp om kreatiwiteit aan te moeidg en kan selfs ‘n element van gevaar inhou.  Die voorbeeld is gebruik van ‘n “ontwerpte” speelgrond wat bestaan het uit ‘n sloot met ‘n boom wat daaroor geval het.  Nie alleen word planne beraam om die boom te benut nie, maar daar moet saam gewerk word om die doel van die spel te bereik.  Dit bied eindelose geleenthede vir die ontwikkeling van probleem oplossingsvaardighede en sosiale vaardighede. 

Dit bied ook die geleentheid vir sensoriese blootstelling – iets wat my na aan die hart le.  Die teksture, reuke, beweging, geluide, visuele waarnemings en selfs smake bied eindelose sensoriese verskeidenheid.  Hierdie sensoriese ervarings het ook die oorsprong in die natuur wat ‘n kalmerende effek het teenoor die onnatuurlike geluide van byvoorbeeld die gepiep van ‘n swaai wat olie kort, die tekstuur van metal teenoor die van hout en die reuk van motor uitlaatgasse teenoor die reuk van blare en modderpoele.
Hierdie speelgronde en tipe spel het kinders op plase en kleiner dorpe tot vervelens toe.  Dit ontbreek egter in die tipiese speelgronde van stede en veral die pragtige speelplekke in winkelsentrums.  ‘n Veiligheidsfaktor is natuurlik ‘n groot risiko, kinders kan makliker seer kry sonder behoorlike beheer en toesig, en is ook maklliker teikens vir ontvoerders and pedofiele. 

Nietemin, maak seker dat jou kinders gereeld die geleentheid kry om in die natuur te speel, self probleme op te los, hul eie kreatiwiteit te gebruik om met iets te speel wat nie noodwendig ‘n speeding is nie en onbevange te speel sonder bewustelike volwasse toesig en beheer. 

Marga Grey

Posted in Authors, Parenting,
Written by: Metz Press - 13 July 2012
Comments - Nuwe wendings in spel
Shadow bottom Nuwe wendings in spel