Craft   |   Gardening   |   Parenting   |   Life   |   Bestsellers   |   New Releases   |   Forthcoming Titles
 

 


Nog juwele in ’n japtrap - Meer as 60 ontwerpe met pêrels, kristalle en sierstene

Snyman, Fransie
9781920268510

Groot formaat
160 pp
Sagteband met flappe
2010-06-16

Also available:
More jewellery in a jiffy - More than 60 designs with pearls, crystals and gemstones

 

Hierdie opvolg op Juwele in ’n japtrap volg dieselfde benadering as sy voorganger, en sal beslis nie teleurstel nie. Dis weer eens spesifiek geskryf vir die haastige kralewerker en bevat hope oorspronklike juweelontwerpe wat veral op kristalle, pêrels en sierstene fokus. Sommige items kan binne minute voltooi word, terwyl jy baie ander binne minder as ’n uur of twee sal kan dra – inderdaad kitsresultate! Pêrels, kristalle en sierstene is almal in ’n verstommende verskeidenheid kleure en vorms te kry en is afsonderlik of in pragkombinasies gebruik vir halssnoere, armbande en oorringe vir elke smaak en geleentheid. Of jy van jou juwele skitterend en flambojant, gesofistikeerd of speels hou, jy sal die regte kreatiewe idees en voorstelle in hierdie boek kry. Duidelike stap-vir-stap aanwysings en foto’s verduidelik die heerlik eenvoudige tegnieke sodat enigeen maklik en vinnig pragtige resultate kan behaal.

Die inspirasie van hierdie skatkis van handgemaakte juwele lê laastens in die onweerstaanbare foto’s van elke voltooide item wat top modefotograaf Ivan Naudé spesifiek vir die boek geneem het.