|
|
 |
Craft | Gardening | Parenting | Life | Bestsellers | New Releases | Forthcoming Titles |
| |
|
|
Kleuters moet grense hê
Cawood, Anne
978-1-920268-22-0
171x245mm
160 pp
Sagteband
2009-06-01
Purchase Online
Also available:
Toddlers need boundaries
|
|
s’n Derde boek in die gewilde Grense-reeks deur die skrywer van Kinders moet grense hê en Tieners moet grense hê.
Die kleuterjare is in baie opsigte spesiaal en die meeste ouers ervaar dit as ’n wonderlike maar ook baie veeleisende tydperk. Hierdie boek is ’n praktiese gids vir die ouers van jonger kinders, met die aandag spesifiek gefokus op dié belangrike stadium met sy woedeuitbarstings en oënskynlik onredelike eise.
Dit kyk na die aanpassings wat ouerskap meebring, die begin van dissipline tydens die babastadium en die oorgangfase van baba na kleuter, omdat die manier waarop ouers hierdie oorgangfase hanteer so ’n belangrike rol speel in die kleuter se ontwikkeling.
Baie van ’n kleuter se gedrag wat as ‘stout’, ‘rebels’ en ‘uittartend’ beskou word, is eintlik heeltemal normaal vir ’n kind in dié ontwikkelingstadium. Die kleuterstadium is die heel
belangrikste stadium om positiewe kommunikasie tussen ouer en kind en emosioneel gesonde verhoudings op die lang termyn te vestig. Behalwe dat die boek gesonde selfagting en emosionele intelligensie uitvoerig bespreek, behandel dit dus ook die Vier Groot Kleuterkwessies, naamlik woedeuitbarstings, slaap, eet en toiletonderrig, met hope praktiese voorstelle en advies.
’n Onontbeerlike hulpmiddel vir die ouers en versorgers van kleuters.
|
|
|
 |