Join our Community
Interest:
Language:
Page shadow top sinvolle-voeding
Sinvolle voeding

Die skrywers bespreek algemene kwessies oor babavoeding en bied ’n boek wat op grondige wetenskaplike feite gebaseer is.

Deel van die topverkoper Metz Press-ouerskapreeks.

Wat moet jy eet tydens swangerskap en borsvoeding? Hoe hanteer jy die uitdagings van bors- en bottelvoeding? Wat is die beste benadering tot vaste kos vir jou baba? Of jou baba nou ’n moeilike eter of ’n allergiese kleintjie is, Sinvolle Voeding baan vir jou die weg vorentoe en help jou met elke moontlike haakplek wat jou baba se kos betref.

Meg Faure, alombekende mede-skrywer van Koester jou baba en Slaap kindjie slaap, kyk na jou baba se sensoriese en emosionele ervaring van kos en die ontwikkelingspad wat jou baba se voeding volg.

Met 15 jaar se ervaring as dieetkundige wat in pediatrie spesialiseer, het Kath Megaw raad vir elke draaibal wat jou kant toe kan kom, van allergieë of gewigprobleme tot die uitdaging om vitterige etertjies hul kos te laat geniet.

Pediater Simon Strachan stel jou gerus met algemene riglyne oor jou baba se gesondheid, algemene siektes en redes hoekom babas nie eet as hulle siek is nie.

“Ek het dit geniet om hierdie boek te lees. Die skrywers bespreek algemene kwessies oor babavoeding en bied ’n boek wat op grondige wetenskaplike feite gebaseer is en praktiese antwoorde verskaf op talle kwelvrae wat ma’s dalk nie weet hoe om op te los nie.” Prof. DF Wittenberg MD FCP(SA)

Page shadow bottom sinvolle-voeding